Ons Storie

Where we began

Op ‘n snikhete dag in November 2019 het ‘n groepie vroue in ‘n klein saaltjie bymekaar gekom.

The devastating drought that had been ongoing for almost 7 years, it was slowly suffocating and draining life from our community, both the people and the animals. At this meeting it was decided to find a way to bring hope and purpose back into our lives to help face the uncertainty of our future and our dire circumstances.

Almal het verskillende talente, maar elke ma kan koekies bak. Net daar in die saaltjie waar kerk en basaar gehou word, waar daar gedans en geëet word, waar pilatesklasse en vele meer aangebied word, is die besluit geneem om moue op te rol en te begin bak en Tankwa Karoo Hartklop is gebore.

In the beginning

The heart of our community is the little hamlet of Middelpos. It lies halfway between Sutherland and Calvinia at the top of the beautiful Gannaga Pass next to the Tankwa Karoo National Park. Although far from any market and with the ever present problem of transport, a sense of solidarity and a willingness to work hard made these ladies extra enthusiastic and gave them a common purpose and goal.

Deur die eerste besending koekies wat suksesvol afgelewer en betaal is, is die vroue bemagtig en aangespoor om net nog meer te bak en het die” koekies-in-‘n-emmertjie projek” vlerke gekry.

Vanaf ons nederige ontstaan het Hartklop met rasse skrede gegroei. Die doel was nie net om die vroue te bemagtig nie, maar om ook ‘n noodfonds te stig waarmee aanvanklik voer vir die diere gekoop kon word en dan, wanneer die droogte gebreek is, te help om die uitgedunde kuddes weer op te bou. Elke vrou moes 10% van haar verkope aan Hartklop afstaan.

The ladies started to bake their best and most loved biscuits. As the orders rolled in, the excitement grew and soon they had to bake through the day and almost through the night to meet deadlines!

Teen einde November 2019 is byna een duisend 600gram emmertjies verkoop en teen einde Desember byna twee duisend emmertjies. In menige huishouding is Kersfees, in teenstelling met die vorige jare, met groot blydskap gevier. So baie vroue het weer hul koppe kon oplig en die lewe en die nuwe skooljaar met ‘n ligter tred binne gestap. Daar is nou al byna 10 000 emmertjies verkoop en steeds bly die aanvraag groot. Wat ‘n bewys van die kwaliteit van ons koekies en die hoop in ons harte.

A Hartklop event to remember

‘n Groep manne wat in van die land se beste Boeremusiek orkeste speel, wou ‘n bydrae ten bate van droogtehulp maak en Hartklop het die kans aangegryp. Die datum was 30 Januarie 2020 en die Pompelompie Hartklopfees was ‘n werklikheid.

What an event it was! The people, mostly lovers of Boeremusiek, flocked to Middelpos and had such a great time despite the Karoo heat in January. Friday evening as the sun was setting, the concertinas and banjo’s started playing and the people began to dance. Saterday morning kicked off with a brisk walk to a lookout point on a koppie behind Middelpos.

En toe begin die pret in alle erns.

Die mense het begin eet en dans en weer en weer geëet en gedans tot laat Saterdagaand. Alle lekkernye van ons heerlike skaapvleis was beskikbaar. Van skaapstertjies, kaiings, sosaties, tjoppies en wors tot afvalpotte is deur die dag saam met roosterkoek geëet. Die etery is afgesluit met die lekkerste Karoolam op ‘n spit gebraai en toe is daar weer voort geswaai en gedraai op die maat van die Boeremusiek!

A fantastic time was had by all and it was agreed that Middelpos has the best mutton in the Karoo.

‘n Gedeelte van die geld wat ingesamel was is aangewend om die vervoer van broodnodige veevoer te subsidieer en aangesien die droogte net in felheid toegeneem, kon daar nie daarmee gestop word nie. Op meer as een geleentheid kon Hartklop Hoop veevoer subsideer. Waar daar nood was in die gemeenskap kon ons ook ‘n bydrae maak.

Ons brei uit

Met die aanbreek van die COVID 19 pandemie is die wind, soos vir so baie ander besighede, uit ons seile geneem. Dit het die moedige boervroue van Middelpos egter nie onder gekry nie.

Hartklop Hoop online shop was born. We decided to not only sell our famous buckets filled with delicious cookies, but also to market all the other wonderful and amazing products that our gifted members create. All the proceeds from sales of products go directly to the person who made the product.  Hartklop adds only 10% to the price to cover administrative costs such as advertising and bank costs.  Currently there is no remuneration given to the volunteers who facilitate the administration services.

In 2023 we are excited to welcome fellow creators from the Tankwa Karoo as well as the Hantam region to our Hartklop family.